Efesiërs 5:18b-20| ...oor my hart... en dit waarmee hy gevul is!
Manage episode 440191960 series 2413767
Een enkele woordjie wat meer as 800 keer in die Bybel voorkom! En hoe belangrik moet hierdie woordjie dan nie wees nie?
Dit gaan alles oor die 'hart' van n mens!
Ook opvallend is dat as die Bybel na die woordjie 'hart' verwys dit feitlik nêrens na 'n fisiese orgaan verwys nie...maar meer geestelike lewe bedoel... dat jy maw 'n ander hartsgesindheid sal hê wat betref jou denke, nadenke, emosies, wilsbesluite, voor en afkeure ens... Soos die Bybel dan ook elders tereg sê: want uit die hart...'is die oorsprong van die lewe' (Spr 4:23).
Meer nog: Hierdie ware hartsgesindheid en verandering gebeur slegs deur die innerlike en blywende werking van die Gees van God. En hierdie werking en dit wat die Gees jou bring lyk so totaal anders as wat die wereld jou ooit kan bied.
Daarom druk Paulus dit hulle (mense van Efese) baie sterk op die HART. Hy gebruik selfs 'n skerp en amper kras voorbeeld dat hulle al die baie Godde-lose gebruike en afgode van Efese moet verwerp... en dat hulle sal 'toelaat' dat die Gees van God in hulle harte werk en hulle blywend sal verander...!
Want: so 'n Geesvervulde en blye hart sal dan 'n wonderlike lied en melodie van lof en dankbaarheid sing wat soms selfs onhoorbaar vir ander mense sal wees ...!
122 פרקים