Gereformeerde Kerk Bergbron ציבורי
[search 0]
עוד
Download the App!
show episodes
 
Artwork

1
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Gereformeerde kerk Bergbron

Unsubscribe
Unsubscribe
חודשי+
 
Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.
  continue reading
 
Loading …
show series
 
Lees: Mark 1:9-20. Fokus: Mark 1:14-15 (AFR53). Christenskap behels dissipelskap (deel 2) Valse onderskeiding: ‘n persoon kan ‘n Christen wees sonder om ‘n dissipel te wees. Jesus se verkondiging van die evangelie van God se koninkryk kom op 4 beginsels neer: (1) die tyd is vervul; (2) die koninkryk van God het naby gekom; (3) bekeer julle; en (4) …
  continue reading
 
Lees: Mark 1:9-20. Fokus: Mark 1:14-15 (AFR53). Christenskap behels dissipelskap. Valse onderskeiding: ‘n persoon kan ‘n Christen wees sonder om ‘n dissipel te wees. Die koninkryk van God was die hart van Jesus se hele aardse bediening: evangelie van die koninkryk van God – nie die evangelie van verlossing nie! Deur Jesus se koms na hierdie wêreld …
  continue reading
 
Lees: Job 2: 1-13. Fokus: Job 2: 4 (AFR53). Satan se leuen: Die lewe op aarde is alles. Die lewe is iets diepers en groter as ervarings self. Satan beskuldig: Die mens sal enigiets gee net om te bly asemhaal want hierdie lewe is al wat daar is. Materialisme, kommunisme en humanisme gebou op hierdie leuen. Volgens Job kan God se seën ook pynvolle di…
  continue reading
 
Lees: Job 1: 1-22. Fokus: Job 1: 9-11 (AFR53). Satan se leuen: God word slegs gedien vir wat Hy kan gee. Satan se leuen suggereer: God is in Homself nie waardig om gedien te word nie. Uitstaande kenmerke van Satan (v 6-12): hy is sinies, arrogant en smalend-beledigend. Satan suggereer: Dit kom slegs voor dat mense God dien, maar eintlik gaan dit om…
  continue reading
 
Lees: Gen 2: 15 – 3: 7. Fokus: Gen 3: 5 (AFR53). Satan se leuen: Saam met God is daar geen lewensvervulling. Ons denke is die hoofslagveld van ons geestelike stryd en Satan gebruik primêr die leuen om ons denke te beheer. Satan se leuen: Saam met en gehoorsaamheid aan God is daar geen lewensvervulling nie, want “God weet dat julle oë sal oopgaan di…
  continue reading
 
Lees: Gen 2: 15 – 3: 7. Fokus: Gen 3: 4. Satan se leuen: God is ‘n leuenaar. Nadat Satan ‘n vastrap plek in Eva se gedagtes gekry het deur die twyfel in haar, beweeg hy nou van bevraagtekening van God tot direkte ontkenning: “Julle sal beslis nie sterf nie…” Wat nodig is om die waarheid te ken, is openbaring waarop die Bybel aanspraak maak. (bv Heb…
  continue reading
 
Lees: Daniël 10 Die Geveg Die Bybel is duidelik dat die Christelike lewe ‘n geveg is. As gevolg van die sondeval in die paradys stel God in Gen 3: 15 vyandskap tussen die slang se saad en die vrou se saad. Die geveg is geestelik. Fisiese wapens het geen nut nie. Ons wapen is gebed. Die vyand se teenstand. Die vyand is ondergeskik aan God se mag en …
  continue reading
 
Lees: Jak 1:1-8. Fokus: Jak 1:2-4. Verheug jouself in beproewings! As ons Vader in Christus omskep God al ons swaarkry en moeilikhede in beproewings om ons karakter te vorm en ons geloof te suiwer. God se genade is so groot dat Hy selfs die swaarkry wat jy self vir jou veroorsaak het deur aan versoekings toe te gee, tot beproewings omvorm en dit so…
  continue reading
 
Gerco van Deventer word op 3 November 2017 deur Moslem-ekstremiste in Libië ontvoer. Dit net twee dae ná sy aankoms in die land om as paramedikus op 'n projek te werk. Al-Kaïda in Mali hou hom vir ses jaar aan. In die tyd word hy vir agt maande aan 'n boom vasgeketting as straf oor vermorste water. Verder oorleef hy 'n teregstellingspoging met 'n k…
  continue reading
 
Lees: Gen 5: 1-24. Fokus: Gen 5: 24 (AFR53). Wandel met God. Hoe het Henog met God gewandel deur Hom te behaag (vgl Heb 11: 5)? Drie algemene maniere waarop mense probeer om God te behaag: dade, aanbidding en godsdiens. Daar is net een manier om God te behaag: geloof (Heb 11: 5-6). Die vorm en betekenis van die werkwoord wandel (v 24) in die Hebree…
  continue reading
 
Lees: Mat 7:1-12 en Heid Kat vr en antw 118. Fokus: Mat 7:7-11. Heilige Vraers. 1.Jesus moedig ons aan om vraers te wees. · Is daar ‘n groter wonder en vreugde dat ek mag aanklop en dat die Vader om Christus wil op jou en my wag? · Met hierdie opdragte spoor Jesus ons aan tot volhardende gebedsvertroue dat ons ‘n Vader in die hemel het wat die goei…
  continue reading
 
Lees: Luk 11:1-13 en Heid Kat vr en antw 116. Die noodsaaklikheid van gebed. Die ontkenning van die noodsaaklikheid van gebed. Die erkenning van die noodsaaklikheid van gebed. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat is die twee redes waarom mense die noodsaaklikheid van gebed ontken? Wat leer die Bybel ons tov die twee redes? Gee …
  continue reading
 
Lees: Mark 10: 17-31. Fokus: Mark 10: 21. Godsdienstigheid teenoor ‘n ware verhouding met God. Die ryk jongman het nog onder die Joodse “misverstand” geleef dat iemand wat ryk is, ‘n beter kans het om die koninkryk te verdien, omdat hy meer goeie dade met sy middele kon doen. Die jongman se besittings was sy afgod en hy het dit probeer regverdig de…
  continue reading
 
Lees: Jer 7:1-15 (AFR83). Fokus: Jer 7:3-8. Valse godsdiens bring ‘n valse gerustheid wat bekering verhinder. Die profeet ontmoet die biddende skare by die tempelpoort met ‘n skokkende boodskap. Die kern van sy onverwagse aanval is gemik teen hulle valse gerustheid. Die kerk en Christene leef alte maklik van so ‘n vanselfsprekende gerustheid. Van w…
  continue reading
 
TEMA: BERUSTING IN DIE GOD VAN DIE GESKIEDENIS TEKS: DANIËL 8 (WARREN PEEL; DIE LEWE IN BABYLON; DANIEL 3e PREEK) 1. Inleiding - Die boek Daniël bestaan uit bekende (Hfs 1-6) en minder bekende deel (hfs 7–12). Een van die sterkste getuienisse dat Daniel nie net ‘n mooi storieboek is wat deur mense geskryf is nie, maar dat God die outeur is, is die …
  continue reading
 
Lees: Joh 15: 1-8 en Mat 25: 14-30. Fokus: Mat 25: 21, 23. God verwag van sy kerk om beide getrou en vrugbaar te wees. Die twee goeie slawe was getrou in vrugbaarheid want God verwag beide getrouheid en vrugbaarheid. So sien ons uit die gelykenis: Rentmeesterskap is ‘n risiko. Rentmeesterskap word gemeet aan opbrengs en impak. Goeie rentmeesterskap…
  continue reading
 
Lees: Mat 25: 14-30. Fokus: Mat 25: 23-25. Bybelse Rentmeesterskap (Deel 2). Omdat God in Christus die Gewer van alle goeie gawes is, behels rentmeesterskap die volgende: God hou ons verantwoordbaar vir die bestuur en aanwending van alles wat Hy aan ons toevertrou het. Rentmeesterskap behels ‘n sin van dringendheid. Kan ons funksioneer vanuit die v…
  continue reading
 
Lees: Psalm 139. Wie God is, laat jou na Hom toe vlug! Net soos wat God se alwetendheid aanvanklik verwondering meebring vir die gelowige Psalmdigter, maar dan geleidelik plek maak vir verskrikking en benoudheid – ondergaan ons dieselfde gevoelens as ons met die alwetende God te doen kry. Waarom? Omdat ons nie geken wil wees nie, nie regtig nie. On…
  continue reading
 
Lees: Psalm 141 en Op 8: 1-5. Fokus: Psalm 141: 1, 2. Die krag en betekenis van opheffing van hande in gebed. Beproewing bring ook groot geloofsversoekings! En om hierdie versoekings te oorkom, vind Dawid sy krag daarin om met uitgestrekte hande te bid tot die Here! Die OT offerdiens is vir ons ‘n afbeelding van wat in die geesteswêreld soos in die…
  continue reading
 
Lees: Mat 25: 14-30 (AFR53). Fokus: Mat 25: 23-25. Bybelse Rentmeesterskap. ‘n Skeefgetrekte beeld van God en rentmeesterskap lei daartoe dat lidmate hulle talente begrawe en onbetrokke is in God se koninkryk – want hulle is bang. Vrees om handel te dryf in God se koninkryk met my talente is baie keer eintlik teken dat liefde vir God by my ontbreek…
  continue reading
 
Lees: Mat 6: 19-34 en Ef 2: 8-10. Fokus: Ef 2: 10. God se voorsiening! Ons hantering van geld wys duidelik wat ons begrip van rentmeesterskap is. Geld is nie boos nie, maar ‘n liefde vir geld (1Tim 6: 10). Tov die voorsiening in ons behoeftes, leer Jesus spesifiek teen die ideë van saai en maai (Mat 6: 26). Mossie-geloof: vertroue dat jou hemelse V…
  continue reading
 
Lees: Ef 2:1-10. Fokus: Ef 2:10. Ons is God se kunswerk vir sy visie met ons. God beskou ons nou alreeds as sy meesterlike kunswerk in Jesus. Ons is sy kragtige en kreatiewe skeppingswerk. God het ‘n spesifieke visie (plan en doel) om deur elkeen van ons sy koninkryk te vestig op aarde. Dinge wat ons visie steel: Ontmoediging agv mislukkings; tyd; …
  continue reading
 
Lees: Jes 60:1-3 en 1 Joh 1:1 – 2:2. Fokus: 1 Joh 1:6-7. Die magtige teenwoordigheid van die Here het lig gebring(deel 2). God is in die lig en al sy optrede teenoor ons spreek van liefde. God se liefde verander jou sodat jy nie meer sonde wil doen nie – want sonde is dade sonder liefde vir God. Ons verhouding of gemeenskap met God kan getoets word…
  continue reading
 
Lees: Joh 12: 12-19. Fokus: Joh 12: 13-15. Kenmerke van ‘n ware geloof in Jesus as die Christus. Ware geloof is Christus-gesentreerd en nie self-gesentreerd nie. Ware geloof kom deur ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus. Ware geloof word nie gekeer deur jou persoonlike beproewinge en krisisse nie. Ware geloof is vertroue dat Jesus Christus …
  continue reading
 
Lees: Gal 3:1-14 en Heid Kat Vr en Antw 38 en 39. Christus het borgtogtelik (in ons plek) gely om ons van die toorn, oordeel en vloek van God te verlos. Christus het in ons plek die toorn van God gedra (vr 37). Christus het in ons plek die oordeel van God gedra (vr 38). Christus het in ons plek die vloek van God gedra (vr 39). Vir nadenke en gespre…
  continue reading
 
Lees: Ef 4:1-16 (AFR83). Fokus: Ef 4:11,12. Christus gee “gawes” om ons toe te rus vir ons dienswerk. God laat sy kerk groei as dit gesond is, soos met ons kinders. As ons kinders gesond is, groei hulle van nature soos God dit laat gebeur – dieselfde ook met die kerk as lewende liggaam van Christus. Maar as die kerk as die liggaam van Christus siek…
  continue reading
 
Lees: 1 Pet 1:22 – 1 Pet 2:10 (AFR83). Fokus: 1 Pet 2:4,5,9. Die lewende kerk (deel 2). Die diepste geheim van lewe in die kerk is: Ons moet na Jesus toe gaan. Hy maak lewend! Gelowiges is nie alleen stene nie, maar ook priesters wat dankoffers oor hulle verlossing in Christus bring vir God. As jy jou gawes gebruik in diens van God om Jesus aan die…
  continue reading
 
Lees: 1 Pet 1:22 – 1 Pet 2:10 (AFR83). Fokus: 1 Pet 2:4,5. Die lewende kerk. “Lewe” in ons kernverse dui op kwaliteit lewe. Die diepste geheim van lewe in die kerk is: Ons moet na Jesus toe gaan. Hy maak lewend! Die diepste oorsaak van die doodsheid in die kerk is: Mense wil nie meer na Jesus toe kom om na sy Woord te luister nie, want dit vra diss…
  continue reading
 
Sondag, 18 Junie, is deur die kerkverband aangedui as Dag van Verootmoediging en Voorbidding met die energiekrisis, verval van infrastruktuur en hoë werkloosheid en misdaadvakke as motivering. Lees: 1 Sam 1:9-19 en 1 Sam 2:1-12. Fokus: 1 Sam 2:1. Jubel in die Here wat dinge verander en uitkoms gee.
  continue reading
 
Lees: Eks 13: 17-22. Fokus: Eks 13: 21-22. God se plek van seëning! God het die wolk- en vuurkolom gebruik om Israel te lei na sy voorbestemde destinasie van seëning. Israel se eerste plek van seëning was by die Rietsee: Daar is die farao en sy hele leërmag finaal oorwin sonder dat die Israeliete enigsins hoef te geveg het. Israel het begryp dat hu…
  continue reading
 
Lees: Eks 15:1-19. Fokus: Eks 15:3 (AFR20). Loof die Here as krygsman wat red! Lofprysing en aanbidding is ‘n wesenskenmerk van die Here se volk. Lofprysing en aanbidding is ons reaksie op wie die Here is en wat Hy doen. Die Here is die Verbondsgod wat getrou bly aan sy beloftes. In elke situasie wat ons as kinders van God beleef, is Jesus ons Verl…
  continue reading
 
Lees: Jes 6:1-13. Fokus: Jes 6:7. Die betekenis van die Here se aanraking. In ons Skrifgedeelte raak die Here Jesaja aan met ‘n gloeiende kool vanaf die altaar en sy sonde is weggeneem. Dit verwys alreeds na Jesus se versoeningsoffer aan die kruis. Daar is Hy as die Lam van God geoffer tot versoening van al ons sondes. En van die begin af het Jesus…
  continue reading
 
Lees: Jes 6:1-13. Fokus: Jes 6:1-8. Die Here se heerlikheid en almag verander ons! God se almag en heerlikheid is so oorweldigend dat dit jou totaal verander dat jy Hom wil dien in nederige afhanklikheid. Omdat God so almagtig en glorieryk is, is daar niks beter as om Hom te aanbid en te dien nie. Vra God om sy almag en heerlikheid in Christus aan …
  continue reading
 
Lees: Sag 3:1-10 (AFR53). Fokus: Sag 3:7. God vra reaksie op sy vryspraak in Jesus Christus. God verklaar Josua regverdig en klee hom met geregtigheid want Josua se naam beteken: die Here (Jahweh) verlos. Met Jesus se offer aan die kruis het die Here verlossing gebring en is hierdie gesig van Sagaria vervul. Deur ons te roep om in sy weë te wandel …
  continue reading
 
Lees: Gen 2:25-3:21 en Eks 28:1-6. Fokus: Gen 2:25, 3:21. God bedek ons skaamte met ‘n koninklike priesterkleed. Die velle van diere het Adam en Eva se naaktheid bedek (Gen 3:21), maar het hulle nie gereinig nie en dit het ook nie skoonheid verskaf nie. Die priesters se klere het reiniging veronderstel en het die draers afgesonder en geheilig vir G…
  continue reading
 
Loading …

מדריך עזר מהיר